Perd

Mak perd
Twee perde in 'n grasveld
Gedomestikeerd
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
Subspesie:
E. f. caballus
Trinomiale naam
Equus ferus caballus

Die perd (Equus ferus caballus) is 'n mak hoefdier uit die onewehoewige diere-orde. Dit is een van slegs twee bestaande subspesies van dierspesie Equus ferus, of die wilde perd. Die perd is een van die ongeveer tien huidige spesies van die familie Equidae.

Perde word ook gebruik in sportsoorte soos polo.

Sebras en donkies is ook perde. 'n Manlike perd is 'n hings en 'n vroulike perd is 'n merrie. Die algemene term vir 'n jong perd is 'n vul. 'n Gekastreerde hings is 'n reun.

Die mens het reeds in 4000 v.C. perde begin mak maak en teen 3000 v.C. was dit 'n algemene en wydverspreide gebruik. Perde in die subspesie caballus is mak, hoewel sommige mak bevolking in die natuur soos wilde perde leef. Hierdie wilde bevolkings is nie ware wilde perde nie. Die term "wilde perd" word gebruik om perde subspesies wat nog nooit mak was, soos die bedreigde Przewalski se perd, 'n aparte subspesie, en die enigste oorblywende ware wilde perd te beskryf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search