Pergamonmuseum




Berlyn

Vlag van Duitsland Duitsland


Zeusaltaar


Geopen in

1910


Ligging


Museumsinsel Berlin
Unesco-wêrelderfenisterrein


Boustyl

Neoklassisisme


Boumeesters

Alfred Messel
Ludwig Hoffmann


Webtuiste

Pergamonmuseum


Die Pergamonmuseum maak deel uit van die museumkompleks wat op die Berlynse Museumeiland opgerig is.

Die sogenaamde Pergamonaltaar is aan Zeus gewy
Isjtar-poort: Geglasuurde bakstene beeld 'n draak uit

Die museum is vanaf 1907 volgens 'n konsep van Wilhelm von Bode deur Alfred Messel beplan en tussen 1910 en 1930 volgens planne van Alfred Messel en Ludwig Hoffmann gebou om die Pergamonaltaar, wat deur Carl Humann in die huidige Turkye ontdek is, asook die versameling van post-antieke Duitse kunswerke uit die Skilderye- en Skulpturegalery – die sogenaamde Duitse Museum, die Suidwes-Asiatiese afdeling (tans Vorderasiatisches Museum Berlin) met Hetitiese, Assiriese, Babiloniese en Persiese kunswerke en die Islamitiese kunsafdeling (tans Museum vir Islamitiese Kuns), wat onder meer die Msjatta-fasade vertoon, te huisves. Elkeen van hierdie afdelings het oorspronklik sy eie naam gedra, en eers in 1958 het die museum sy huidige naam Pergamonmuseum gekry wat aanvanklik net vir die museumsale in die oosvleuel met hul antiekeversameling gebruik is.

Tans huisves die museum die antiekeversameling, die Suidwes-Asiatiese Museum en die Museum vir Islamitiese Kuns. Met 1 135 000 besoekers was die Pergamonmuseum in 2007 die mees besoekte Berlynse museum asook die mees besoekte kunsmuseum in Duitsland.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search