Perskor

Min. Ben Schoeman, voorsitter van die Dagbreektrust tydens die Persstryd.
Die Afrikaanse liedjieskrywer Koos du Plessis het sy joernalistiekloopbaan by Die Vaderland begin en later ook by Oggendblad gewerk.

Perskor (Die Perskorporasie van Suid-Afrika) was 'n Suid-Afrikaanse persgroep. Dit is op 1 April 1971 gevorm toe twee bestaande Afrikaanse uitgewersgroepe, Voortrekkerpers en die Afrikaanse Pers (1962) Beperk, saamgesmelt het. Albei die groepe was in die destydse Transvaal gesetel en het met die Nasionale Pers van Kaapstad meegeding. Hulle het, as 'n reël, maar na gelang van die redakteur se ingesteldheid in soverre die maatskappy se bestuur dit toegelaat het, die noordelike, behoudende standpunte binne die destydse Nasionale Party verteenwoordig teenoor Naspers wat die suidelike, verligte standpunte in die party verteenwoordig het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search