Persoonlikheid

Persoonlikheid is 'n stel individuele verskille wat deur die sosiokulturele ontwikkeling van 'n individu beïnvloed word: waardes, gesindhede, persoonlike herinneringe, sosiale verhoudings, gewoontes en vaardighede.[1] Verskillende persoonlikheidsteoretici het hulle eie definisies vir die woord wat op hulle teoretiese standpunt gegrond is.[2]

Die term "karaktertrek" verwys na blywende persoonlike eienskappe wat in 'n spesifieke gedragspatroon in 'n verskeidenheid situasies na vore kom.

  1. Mischel, W., Shoda, Y., & Smith, R. E. (2004).
  2. Engler, B. (2009).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search