Peterhof

Van die fonteine by Peterhof.

Peterhof (Russies: Петергоф, Petergof; tussen 1944 en 1997 amptelik Петродворец Petrodworets) is 'n nedersetting in die federale distrik Sint Petersburg, 29 km wes van die middestad aan die suidkus van die Golf van Finland se Newabaai geleë. Dit het ’n bevolking van 64 791 (2002-sensus). Peterhof was tot en met 1998 'n selfstandige munisipaliteit; intussen is dit administratief by Sint Petersburg ingesluit.

Dit bevat twee kampusse van die Staatsuniversiteit van Sint Petersburg, asook ’n paleiskompleks met 'n dertigtal geboue en tuine wat in 1723 aangelê is op bevel van tsaar Pieter die Grote. Dit word soms die "Russiese Versailles" genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search