Petrus Abaelardus

Petrus Abaelardus
Geboortenaam Pierre Abélard
Gebore 1079
Le Pallet naby Nantes, Frankryk
Oorlede 21 April 1142 (op 62 of 63)
Abdy van Saint-Marcel naby Chalon-sur-Saône
Vakgebied Metafisika, logika, taalfilosofie, teologie
Bekend vir Konseptualisme, skolastiek
Beïnvloed deur Aristoteles, Porphyry, Boethius
Invloed op Johannes von Salisbury, Willem van Ockham

Pierre Abélard, gelatiniseer as Petrus Abaelardus (Le Pallet by Nantes, 1079 – in die klooster St. Marcel by Chalon-sur-Saône, 21 April 1142) was 'n middeleeuse Franse teoloog en filosoof. Hy word beskou as een van die grootste skolastiese denkers van alle tye. Abaelardus was op 'n jong leeftyd reeds iemand waarvan kennis geneem is in Parys. Eers was hy dosent in die dialektiek, en daarna in teologie aan die katedraalskool van die Notre-Dame. Hy is in die Père-Lachaise-begraafplaas in Parys begrawe.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search