Pierre Cardin

Pierre Cardin
Gebore2 Julie 1922
San Biagio di Callalta, Italië
Sterf29 Desember 2020 (op 98)
NasionaliteitFrankryk
BeroepModeontwerper
Bekend virKlere en juweliersware
Handtekening
'n Pierre Cardin balpuntpen

Pierre Cardin (2 Julie 1922 – 29 Desember 2020) was ’n invloedryke Franse modeontwerper. Hy is veral bekend vir sy avant-garde-styl en die uniseks ruimte-eeuse klere wat hy in die 1960’s ontwerp het. Daarnaas het hy ook juweliersware ontwerp.[1] Cardin het geometriese vorms en motiewe verkies, wat dikwels die vroulike vorm verontagsaam het. Sy eksperimentele klere was nie altyd prakties nie. Hy het sy modehuis in 1950 gestig en het die "borrelrok" in 1954 bekendgestel. In 1991 is hy as Unesco se welwillendheidsambassadeur aangewys.[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. "UNESCO Celebrity Advocates: Pierre Cardin". United Nations Educational, Scientific and Cultural Organization. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2009. Besoek op 2 Julie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search