Pioneer-plaat

Die illustrasie op die Pioneer-plate.
Die plaat binne-in Pioneer 10.

Die Pioneer-plate is twee plate van vergulde aluminium wat in 1972 in Pioneer 10 en in 1973 in Pioneer 11 geplaas is. Dit bevat ’n geïllustreerde boodskap ingeval die ruimtetuie deur intelligente buiteaardse lewe onderskep word. Hulle wys die naakte figure van ’n man en vrou asook verskeie simbole wat inligting oor die oorsprong van die tuie verskaf.[1] Die plaat is ontwerp deur die sterrekundige Carl Sagan in samewerking met dr. Frank Drake en Linda Salzman Sagan.

Pioneer 10 en 11 is die eerste ruimtetuie wat ’n groot genoeg snelheid bereik het om uit die Sonnestelsel te ontsnap. Die Voyager Goue Plaat, ’n ingewikkelder en meer gedetailleerde plaat wat moderner tegnologie gebruik, is in 1977 in Voyager 1 en 2 geplaas.

  1. Carl Sagan, Linda Salzman Sagan and Frank Drake (25 Februarie 1972). "A Message from Earth" (PDF). Science. 175 (4024): 881–884. Bibcode:1972Sci...175..881S. doi:10.1126/science.175.4024.881. PMID 17781060. Geskrif oor die agtergrond van die plaat. Blaaie aanlyn beskikbaar: 1 Geargiveer 28 Februarie 2008 op Wayback Machine, 2 Geargiveer 28 Februarie 2008 op Wayback Machine, 3 Geargiveer 28 Februarie 2008 op Wayback Machine, 4 Geargiveer 28 Februarie 2008 op Wayback Machine.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search