Pioneer P-1 was 'n mislukte sending van die Pioneer-program. Die ruimtetuig was 'n een meter sfeer met 'n aandrywing module en sou toegerus gewees het met 'n televisie kamera en magnetiese sensor. Dit sou ook tolgestabiliseer gewees het en was bekend as die skepwiel ruimtetuig.
Dit sou met 'n Atlas C-Able vuurpyl gelanseer word maar die vuurpyl is op 24 September 1959 vernietig in 'n ontploffing op die lanseerblad tydens 'n voor-lansering statiese afvuur toets. Die P-1 tuig en Able IV enjin was egter nie deel van die vuurpyl struktuur op daardie stadium nie en is later gebruik op die Pioneer P-3-sending.[1][2]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search