Piramide van Djoser

Trappiramide van Djoser
Die Trappiramide van Djoser
Die Trappiramide van Djoser
Datum 2667-2648 v.C.
Hoogte 62 m
Basis 125,27 m (groter)
109,12 m (kleiner)

Die Piramide van Djoser, of die Trappiramide (Antieke Egipties: kbhw-ntrw) is ’n piramide by Saqqara, Egipte, noordwes van die stad Memphis. Dit is in die 27ste eeu v.C. gebou as die graf van farao Djoser deur Imhotep, onder meer sy raadgewer en argitek. Dit is die sentrale konstruksie van ’n groot begrafniskompleks en word omring deur seremoniële strukture en versierings.

Hierdie eerste Egiptiese piramide bestaan uit ses mastabas wat bo-op mekaar gebou is en al hoe kleiner word na bo. Dit was aanvanklik 62 m hoog met ’n basis van 109 x 125 m, en was afgewerk in blink, wit kalksteen.[1] Die sogenaamde Trappiramide word beskou as die eerste grootskaalse steenkonstruksie ter wêreld.[2]

  1. Harry Adès A Traveller's History of Egypt (Chastleton Travel/Interlink, 2007) ISBN 1-905214-01-4 p48
  2. Lehner, Mark (1997). The Complete Pyramids. New York: Thames and Hudson. p. 84. ISBN 978-0-500-05084-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search