Pitiese Spele

Die stadion by Delphi waar die Pitiese Spele gehou is. Die kliptrappe links is deur die Romeine bygevoeg.
Die wegspringplek in die stadion, met gleuwe waarin die atlete se tone gepas het.

Die Pitiese Spele of Putiese Spele (Grieks: Πύθια Pythia), ook genoem die Delphiese Spele, is een van vier pan-Hellenistiese spele van Antieke Griekeland. Dit is elke vier jaar ter ere van Apollo gehou by sy heiligdom in Delphi.[1] Dit is twee jaar ná elke Olimpiese Spele gehou en tussen elke Nemeïese en Istmiese Spele. Die Pitiese Spele is iewers in die 6de eeu v.C. gestig en het kompetisies in kuns en dans gehad. Dit is volgens mites deur Apollo begin nadat hy die slang Piton doodgemaak en die Orakel van Delphi in plek gestel het. Later is sportnommers bygevoeg.

Die wenners het ’n lourierkrans van die stad Tempe in Thessalië gekry omdat die lourier vir Apollo heilig was. Kleiner weergawes van die spele is in baie ander stede van die Levant en Griekeland gehou.

  1. Pythian Games, Encyclopædia Britannica.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search