Pizza

Pizza Veneziana, berei volgens 'n Middeleeuse resep, soos bedien in restaurante van die Britse groep PizzaExpress

Pizza (die woord is moontlik afgelei van die Arabiese pita ("brood"), die Langobardiese bi°zzo ('n eenvoudige soort brood) of die Italiaans-Napolitaniese piceà, pizzà ("pluk") is 'n bodem van gisdeeg wat met pikante bestanddele soos tamatiesous, kaas, olywe, sampioene en salami of ham belê en daarna in die oond gebak word.

Die moderne pizza het sy oorsprong in die Suid-Italiaanse hawestad Napels, maar intussen het die gereg wêreldwyd gewild geraak en dit word in 'n groot verskeidenheid variante aangebied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search