Planeet Nege

Planeet Nege is 'n groot, hipotetiese planeet in die buitenste gedeelte van die Sonnestelsel. Die bestaan van Planeet Nege is in 2014 die eerste keer voorgestel, ten einde die ongewone wentelbane van 'n groep Trans-Neptunus-voorwerpe (TNV's) in die buitenste deel van die Kuiper-gordel te verklaar. Konstantin Batygin en Michael Brown, wetenskaplikes aan die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie (Caltech), het hul ontdekking op 20 Januarie 2016 aangekondig, gebaseer op dinamiese modelle en nie visuele waarnemings nie.[1]

  1. "BBC" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Desember 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search