Planeetkern

'n Deursnit van die Aarde: Die aardkors (1 kontinentale kors en 2 oseaniese kors) vorm die dun boonste lagie. 3 en 4 is die mantel en 5 en 6 die kern.

'n Planeetkern bestaan uit die heel binneste lae van 'n planetêre liggaam.[1] Kerns kan heeltemal solied of heeltemal vloeibaar wees, of andersins 'n mengsel van die twee, soos die aardkern.[2] In die Sonnestelsel wissel kerngroottes van 20% (die Maan) tot 85% van 'n liggaam se radius (Mercurius).

Gasreuse het ook kerns, maar die samestelling is onseker. Dit kan wissel van soliede yster tot ys of vloeibare metaliese waterstof.[3][4] Hulle kerns is proporsioneel veel kleiner as dié van aardplanete, maar hulle werklike grootte kan baie groter as die Aarde s'n wees; Jupiter se kern is 10 tot 30 keer so swaar soos die Aarde self,[5] en die eksoplaneet HD149026 b se kernmassa kan 100 keer so groot soos die Aarde se massa wees.[6]

Planetêre kerns is moeilik om te bestudeer, want hulle kan nie regstreeks bereik word nie. Hulle word dus met indirekte maniere bestudeer, soos seismologie, mineraalfisika en planetêre dinamika.

  1. Solomon, S.C. (2007). "Hot News on Mercury's core". Science. 316 (5825): 702–3. doi:10.1126/science.1142328. PMID 17478710. S2CID 129291662.
  2. Williams, Jean-Pierre; Nimmo, Francis (2004). "Thermal evolution of the Martian core: Implications for an early dynamo". Geology. 32 (2): 97–100. Bibcode:2004Geo....32...97W. doi:10.1130/g19975.1. S2CID 40968487.
  3. Pollack, James B.; Grossman, Allen S.; Moore, Ronald; Graboske, Harold C. Jr. (1977). "A Calculation of Saturn's Gravitational Contraction History". Icarus. Academic Press, Inc. 30 (1): 111–128. Bibcode:1977Icar...30..111P. doi:10.1016/0019-1035(77)90126-9.
  4. Fortney, Jonathan J.; Hubbard, William B. (2003). "Phase separation in giant planets: inhomogeneous evolution of Saturn". Icarus. 164 (1): 228–243. arXiv:astro-ph/0305031. Bibcode:2003Icar..164..228F. doi:10.1016/s0019-1035(03)00130-1. S2CID 54961173.
  5. Stevenson, D. J. (1982). "Formation of the Giant Planets". Planet. Space Sci. Pergamon Press Ltd. 30 (8): 755–764. Bibcode:1982P&SS...30..755S. doi:10.1016/0032-0633(82)90108-8.
  6. Sato, Bun'ei; al., et (November 2005). "The N2K Consortium. II. A Transiting Hot Saturn around HD 149026 with a Large Dense Core". The Astrophysical Journal. 633 (1): 465–473. arXiv:astro-ph/0507009. Bibcode:2005ApJ...633..465S. doi:10.1086/449306. S2CID 119026159.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search