Plantaardige olie

Plantaardige olie
'n Bottel olyfolie

Plantaardige olie word verkry uit sade of ander plantaardige bronne, wat gepers word, en bestaan grotendeels uit esters van gliserien en vetsure. Ter onderskeiding van die eteriese olie word dit ook vette olie genoem. Sommige soorte soos olyfolie is onmiddellik geskik om as voedsel vir menslike gebruik te dien, terwyl ander soos raapolie eers bewerk moet word.

Aangesien plantaardige olie meer onversadigde vetgroepe bevat as vet van dierlike oorsprong, word dit algemeen as waardevol beskou en speel 'n groot rol by cholesterolverlagende eetplanne.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search