Plasmawolk

Die ontstaan van ’n plasmawolk.

’n Plasmawolk of koronamassauitbarsting is ’n massiewe uitbarsting van sonwind, ander ligte isotoopplasma en magneetvelde wat uit die Son se korona kom of die ruimte ingeslinger word.[1]

’n Plasmawolk is nie dieselfde as ’n sonvlam nie, hoewel die twee verskynsels verwant is. Plasmawolke bestaan veral uit protone en elektrone, maar in ’n mindere mate ook swaarder elemente.

Plasmawolke wat die ruimte ingeslinger word, kan die planete in die Sonnestelsel bereik. Hier word hulle deur die planeet se magneetveld na die pole afgebuig. Wanneer die gelaaide deeltjies die atmosfeer bereik, verlig hulle die atmosfeer. Dié verskynsel staan bekend as poolligte. In die Suidelike Halfrond word dit die "aurora australis" genoem en in die Noordelike Halfrond die "aurora borealis".

  1. plasmawolk Taalbank, 27 Desember 2011

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search