Plat Aarde

Plat aarde kaart geteken deur Orlando Ferguson in 1893. Die kaart bevat verskeie verwysings na Bybelse uittreksels asook verskeie aanvalle op die "aardbolteorie".

Die Plat Aarde is 'n verouderde opvatting dat die aarde 'n vlak of skyf is. Baie antieke kulture het in 'n plat Aarde-kosmografie geglo, insluitende Griekeland tot die klassieke tydperk (323 v.C.), die brons- en ystertydperkse beskawings van die Nabye Ooste tot die Hellenistiese tydperk (31 v.C.), en China tot in die 17de eeu.

Die idee van 'n sferiese aarde verskyn in die antieke Griekse filosofie van Pythagoras (6de eeu v.C.), hoewel die meeste voor-Sokratiese Filosowe (6de tot 5de eeu v.C.) die konsep van 'n plat aarde behou het. In die vroeë 4de eeu v.C. het Plato oor 'n sferiese aarde geskryf, en teen ongeveer 330 v.C. het sy voormalige student, Aristoteles, sterk empiriese bewyse daarvoor gelewer. Kennis van die aarde se vorm het geleidelik verder as die Hellenistiese wêreld versprei.[1][2][3][4][5]

Ten spyte van die wetenskaplike feit dat die aarde rond is, word pseudowetenskaplike plat Aarde-samesweringsteorieë[6] voorgehou deur moderne plat Aarde groepe en, toenemend, deur ongeaffilieerde individue in sosiale media.[7][8]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named US
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Islam
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Glick
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Martzloff
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Cullen
  6. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named MacDougall
  7. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Ambrose
  8. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Dure

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search