Plejade (mitologie)

1885 Die Plejades, deur Elihu Vedder.
Hierdie artikel handel oor die Griekse mitologie. Vir die groep sterre sien Plejades (sterreswerm).

Die Plejades (Grieks: Πλειάδες), deel van Artemis se gevolg, was die sewe dogters van die Titaan Atlas en die seenimf Plejone. Hulle was die susters van Kalipso, Hias, die Hiades (reënnimfe) en die Hesperides (nimfe van die weste). Die Plejades en Hiades is saam die Atlantides, Dodonides of Nysiades genoem; hulle was die oppassers en onderwysers van die seun Dionusos.

Daar is onsekerheid oor waar die naam Plejades vandaan kom. Voorheen is aanvaar hulle is genoem na hulle moeder, Plejade, maar dit kom meer waarskynlik van die Griekse woord πλεῖν (plein; seil), want die sterreswerm Plejades (Sewe Susters) is op noordelike somernagte in die Middellandse Seegebied te sien: van middel Mei tot begin November, wat in die antieke tyd die seilseisoen was.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search