Polimorfie (kristallografie)

Onder polimorfisme word in die kristallografie, die vastestofchemie en die vastestoffisika dié verskynsel verstaan dat dieselfde stof soms in twee of meer verskillende kristalstrukture kan bestaan.

Hierdie begrip is 'n besondere geval van allotropie wat ook stowwe kan betref wat nie kristallyn is nie.

Die rede dat hierdie verskynsel voorkom is dat dit gewoonlik nie moontlik is om die opbou en die simmetrie van 'n kristal te verander sonder om dit heeltemal uit mekaar te haal en weer anders op te bou nie. Dit vereis die nukleasie van 'n nuwer kristalkiem en die groei daarvan tot 'n nuwe kristal met sy nuwe struktuur

'n Baie bekende voorbeeld van twee polimorfe is diamant en grafiet. Hulle bestaan albei uit net koolstof en het eenderse chemiese eienskappe. Hulle kan bv. albei verbrand word. Maar hulle strukture is hoegenaamd nie eenders nie en hulle fisiese eienskappe weerspieël dit.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search