Polinoom

In Wiskunde is 'n polinoom 'n uitdrukking wat saamgestel word uit een of meer veranderlikes en konstantes deur gebruik te maak van optel, aftrek, vermenigvuldiging en konstante positiewe heelgetaleksponente. is 'n voorbeeld van 'n polinoom, maar is nie omdat dit deling met 'n veranderlike insluit en 'n eksponent bevat wat nie 'n positiewe heelgetal bevat nie.

Polinome is een van die belangrikste begrippe in algebra en wiskunde in die algemeen en vind baie toepassings in die wetenskap. Hulle word gebruik om polinoomvergelykings te vorm, wat 'n wye reeks probleme kan voorstel, vanaf elementêre woordprobleme tot ingewikkelde probleme in die wetenskap; hulle word gebruik om polinoomfunksies te definieer wat gebruik word in vakgebiede wat wissel van chemie, fisika tot by ekonomie en word gebruik in analise en numeriese analise om ander vergelykings te benader. Polinome word gebruik om polinoomringe saam te stel, een van die kragtigste begrippe in algebra en algebraïse meetkunde.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search