Polonek

Geklee in 'n gevoude polonek

'n Polonek (VK), rolnek,[1] turtleneck (VSA, Kanada), of skivvy (Australië, Nieu-Seeland) is 'n kledingstuk—gewoonlik 'n trui—met 'n digsluitende, ronde, hoë deel soortgelyk aan 'n kraag wat oor die nek vou. Dit kan ook verwys na 'n tipe halslyn, of die styl van die kraag self.

'n Eenvoudiger variant van die standaard polonek is die blufpolonek, wat net soos 'n polonek lyk, met die sagte vou by sy top en die manier waarop dit opstaan rondom die nek, maar beide kante van die buisvorming van die kraag is vasgewerk aan die halslyn. Dit word hoofsaaklik gebruik om die voorkoms van 'n polonek te behou waar die weefstof sou uitrafel, rol, of anders sou optree, tensy vasgewerk. Die blufpolonek klou gladweg aan die nek, is maklik om te vervaardig, en werk selfs goed met 'n ritssluiter.

  1. Chilvers, Simon (23 Augustus 2011). "Man-trend: Roll-neck Fashion" (in Engels). Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2020. Besoek op 14 Maart 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search