Portaal:Krieket

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens

Krieketwedstryd Donald Bradman Lord’s-krieketveld Krieketbal Brian Lara


Welkom by Wikipedia se portaal vir krieket. Krieket is ’n boul-en-kolf-sport gespeel tussen twee spanne van elf spelers elk op ’n krieketveld in die middel van ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) met ’n paaltjie aan elke kant bestaande uit twee dwarsbalkies op drie paaltjies. Die wedstryd vorder wanneer ’n speler, die bouler genoem, van die span wat veldwerk doen die bal wettig van die een kant van die kolfblad na die ander kant na die paaltjies boul, met ’n boulbeurt wat klaar is sodra hulle ses wettige balle afgestuur het. Die kolfspan het ’n speler by elke kant van die kolfblad, met die speler oorkant die paaltjies van die bouler wat probeer om die bal van die bouler met sy kolf te slaan. Die kolfspan teken lopies aan wanneer die bouler die bal onwettig na die kolwer boul, die bal die veldgrens raak of wanneer die twee kolwers tussen die twee paaltjies hardloop, gelykstaande aan een lopie. Die veldwerkspan probeer om die aantal lopies te beperk en elke kolwer uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). Maniere van uitskakeling sluit in uitgeboul, wanneer die geboulde bal die paaltjies raak en die dwarsbalkies afval, en vir die veldwerkspan deur die vang van ’n geslane bal voordat dit die grond raak, of om ’n paaltjie met die bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjie bereik en ’n lopie aanteken. Wanneer tien kolwers uitgehaal is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde.


Uitgesoekte artikel


Kenteken van die Krieketwêreldbeker 2023.

Die Krieketwêreldbeker 2023 (Engels: 2023 Cricket World Cup; Hindi: २०२३ क्रिकेट विश्व कप) is van 5 Oktober tot 19 November 2023 in Indië beslis. Die oorspronklike datums vir dié toernooi was tussen 9 Februarie tot 26 Maart 2023, maar in Julie 2020 is dit na Oktober en November 2023 herskeduleer, nadat die kwalifisering weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vertraag is. Dit was die 13de krieketwêreldbeker van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Indië. Dié land het voorheen as medegasheer van die toernooie in 1987 (saam met Pakistan), 1996 (saam met Pakistan en Sri Lanka) en 2011 (saam met Bangladesj en Sri Lanka) opgetree; net Engeland het meer toernooie gehuisves. Dit was die eerste toernooi wat geheel en al in Indië aangebied is en net die derde wat deur een gasheerland gehou is; die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 is deur Engeland op sy eie gehuisves.

Die toernooi se formaat van 2019 het onveranderd gebly en tien nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2023 deelgeneem: Die gasheer Indië, die sewe beste spanne van die Superliga 2020–2023 (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika), saam met die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 (Nederland en Sri Lanka). Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 5 Oktober met die openingswedstryd tussen die twee finaliste van die 2019-toernooi Engeland en Nieu-Seeland op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad begin. Al die spanne het in een groep 45 wedstryde beslis, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die eindstryd is op 19 November op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gehou, terwyl die sewe beste spanne saam met die gasheer Pakistan regstreeks vir die Kampioenetrofee 2025 gekwalifiseer het. Engeland was die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019, teen Nieu-Seeland in die nouste eindstryd nog (’n amptelike gelykop), tuis gewen het.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Nieu-Seeland en Australië het Suid-Afrika geklop, voordat Australië die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad teen die gasheer Indië met ses paaltjies gewen en sodoende sy sesde titel ingepalm het. Ná die 2003-toernooi in Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia was dit die tweede ontmoeting tussen dié twee lande in ’n eindstryd wat ook deur Australië gewen is. Die verdedigende kampioen Engeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.

...lees verder


Voorbladartikels


Voorbladartikels in Krieket

Nasionale krieketspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter

Afghaanse nasionale krieketspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Ierse nasionale krieketspan - Indiese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale krieketspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Namibiese nasionale krieketspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Proteas - Skotse nasionale krieketspan - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan


Algemeen


In nasionale en internasionale krieket is daar drie spelvorme wat verskil in speellengte.

Die tradisionele vorm is Eersterangse krieket wat oor twee kolfbeurte oor ’n aantal dae gespeel word. Op internasionale vlak word dié spelvorm deur die twaalf volle lede van die beheerliggaam Internasionale Krieketraad as toetskrieket beslis. Dit word veral tydens internasionale toere deur hierdie volle lede saam met ander spelvorme gespeel. Sedert 2019 word in hierdie spelvorm die Wêreldtoetskampioenskap beslis.

Sedert 1963 word eendaagse wedstryde gespeel, genoem A-lys-krieket. Elke span speel een kolfbeurt wat meestal uit 50 boulbeurte bestaan. As die IKR aan die nasionale span ’n bepaalde kwaliteit toeken, mag hulle in Internasionale eendagwedstryde (EDIs) speel. Sedert 1975 word in hierdie spelvorm krieketwêreldbekertoernooie beslis (vir vroue sedert 1973 die vrouekrieketwêreldbeker). ’n Ander belangrike toernooi in hierdie spelvorm is die Kampioenetrofee.

In 2003 is die nuutste spelvorm Twintig20 ingevoer. Soos in EDI-krieket word een spelafdeling beslis wat uit 20 boulbeurte per span bestaan. Sedert 2007 word in hierdie spelvorm T20I-wêreldbekertoernooie beslis (vir vroue sedert 2009 die T20I-vrouewêreldbeker).


Aanhalings


Cricket owes much of its appeal and enjoyment to the fact that it should be played not only according to the Laws, but also within the Spirit of Cricket.
— Laws of Cricket


Uitgesoekte beeld


’n Krieketwedstryd met spelers van die krieketklub in Padangpark met die Marina Bays Sands Hotel op die agtergrond, soos gesien van die Singapoerse Nasionale Galery.

’n Krieketwedstryd met spelers van die krieketklub in Padangpark met die Marina Bays Sands Hotel op die agtergrond, soos gesien van die Singapoerse Nasionale Galery.


Krieketnuus


Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word
Die T20I-wêreldbekertrofee waarom meegeding word


Het u geweet...


...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?


Uitgesoekte span


Kenteken van die Omaanse nasionale krieketspan.

Die Omaanse nasionale krieketspan (Arabies: منتخب سلطنة عمان للكريكت) is die nasionale krieketspan wat Oman in internasionale krieket verteenwoordig. Hulle word bestuur deur Oman Krieket (OC, van Engels: Oman Cricket) wat in 1979 gestig is. Hulle het in 2000 ’n geaffilieerde lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) en in 2014 ’n assosiaatlid geword. Die nasionale span het wedstryde op T20I-vlak gespeel. Op 24 April 2019 het Oman vir die eerste keer tot in 2022 EDI-status ontvang, nadat hulle die gasheer Namibië met vier paaltjies tydens die Wêreldkrieketliga se afdeling twee 2019 kon klop.

Oman het tydens die AKR-trofee 2002 sy eerste internasionale wedstryde gespeel, en die span het aan baie AKR-toernooie deelgeneem, tydens die AKR-trofee 2004 as naaswenner geëindig en twee keer die AKR T20I-beker gewen. Oman het aan krieketwêreldbekerkwalifiseringstoernooie deelgeneem sonder om vir die uiteindelike toernooi te kwalifiseer, die negende plek tydens die IKR-trofee 2005 behaal en elfde tydens die 2009-wêreldbekerkwalifisering geëindig. In Julie 2015 het Oman met sy oorwinning oor Namibië tydens die T20I-wêreldbekerkwalifisering 2005 T20I-status behaal en vir die T20I-wêreldbeker 2016 in Indië gekwalifiseer, sy eerste deelname aan ’n vername internasionale toernooi.

In April 2018 het die IKR besluit om aan al sy lede volle T20I-status toe te ken. Vervolgens sal al die T20I-wedstryde wat Oman ná 1 Januarie 2019 teen ander IKR-lede speel, as ’n volle T20I erken word. Oman is tans (Julie 2024) 18de op die eendagranglys en 19de op die Twintig20-wêreldranglys.

...lees verder


Krieket in hierdie jaar


Krieket in 2024:


Verwante portale

Beheerliggame


Spanne


Toernooie


Kampioenetrofee

Bangladesj 1998Kenia 2000Sri Lanka 2002Engeland 2004Indië 2006Suid-Afrika 2009Engeland / Wallis 2013Engeland / Wallis 2017Pakistan 2025Indië 2029

Krieketwêreldbeker

Engeland 1975Engeland 1979Engeland / Wallis 1983Indië / Pakistan 1987Australië / Nieu-Seeland 1992Pakistan / Indië / Sri Lanka 1996Engeland / Skotland / Wallis / Ierland / Nederland 1999Suid-Afrika / Zimbabwe / Kenia 2003Wes-Indië 2007Indië / Sri Lanka / Bangladesj 2011Australië / Nieu-Seeland 2015Engeland / Wallis 2019Indië 2023Suid-Afrika / Zimbabwe / Namibië 2027Indië / Bangladesj 2031

T20I-wêreldbeker

Suid-Afrika 2007Engeland 2009Wes-Indië 2010Sri Lanka 2012Bangladesj 2014Indië 2016Oman / Verenigde Arabiese Emirate 2021Australië 2022Verenigde State / Wes-Indië 2024Indië / Sri Lanka 2026Australië / Nieu-Seeland 2028Engeland / Ierland / Skotland 2030

Wêreldtoetskampioenskap

Wêreldtoetskampioenskap 2019–2021Wêreldtoetskampioenskap 2021–2023Wêreldtoetskampioenskap 2023–20252025–20272027–20292029–2031

Kategorieë


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search