| |||||
Nasionale leuse: Esta é a ditosa pátria, minha amada (Portugees vir: "Dit is my geliefde, gelukkige vaderland") | |||||
Volkslied: A Portuguesa (Portugees vir: "Die Portugese") | |||||
Hoofstad | Lissabon | ||||
Grootste stad | Lissabon | ||||
Amptelike tale | Portugees | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Marcelo Rebelo de Sousa Luís Montenegro | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Stigting • Herstigting • Souwereiniteit • Koninkryk • Erken • Pouslik erken • Herstel • Eerste grondwet • Republiek • Redemokrasie • Huidige grondwet |
868 1095 24 Junie 1128 25 Julie 1139 5 Oktober 1143 23 Mei 1179 1 Desember 1640 23 September 1822 5 Oktober 1910 25 April 1974 25 April 1976 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
92 090[1] km2 (91ste) 35 556 myl2 1,2 (2015)[2] | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2021-sensus - Digtheid |
10 223 150[1] (91ste) 10 343 066[3] 113,5 / km2 (97ste) 294,0 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2024-skatting | ||||
MOI (2022) | 0,874[5] (42ste) – baie hoog | ||||
Gini (2022) | 32,0[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Euro (€) (EUR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
WET (UTC±0) WEST (UTC+1) | ||||
Internet-TLD | .pt | ||||
Skakelkode | +351 |
Portugal (Portugees: [puɾtuˈɣaɫ]), amptelik die Portugese Republiek (República Portuguesa, [ʁɛˈpuβlikɐ puɾtuˈɣezɐ]), is 'n demokratiese republiek geleë in die suidwestelike hoek van Europa op die Iberiese Skiereiland waarvan dit sowat 'n sesde beslaan. Portugal word begrens deur Spanje in die noorde en ooste, met 'n gemeenskaplike grens wat oor 'n afstand van sowat 1 300 km loop, en deur die Atlantiese Oseaan in die weste en suide. Wes van die hoofstad Lissabon lê Cabo da Roca, die mees westelike punt van die Europese vasteland. Ook die Asore- en Madeira-eilandgroepe maak deel uit van Portugal.
Portugal is 'n stigterslid van die NAVO en sedert 1 Januarie 1986 lid van die Europese Unie. In 1999 het die land by die Eurosone aangesluit; sedert 2002 is Eurobanknote en -muntstukke in omloop.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search