Potjomkindorp

Danksy ’n nuut geverfde fasade lyk dié brouery in Kolín, Tsjeggië, van voor af of dit herbou is, hoewel die res steeds vervalle is.

’n Potjomkindorp of Potemkindorp (van die Russiese meervoud потёмкинские деревни; potjómkinskije derjéwni)[1] in politiek en ekonomie is enige konstruksie (letterlik of figuurlik) waarvan die enigste doel is om ’n uiterlike fasade voor te hou vir ’n land wat swaarkry met die doel om die bewoners te laat glo dit gaan eintlik beter met die land. Die term kom van stories oor vals "draagbare" dorpe wat deur Grigori Potjomkin laat bou is om sy minnares, keiserin Katharina die Grote, te beïndruk tydens ’n toer van die Krim in 1787.

Hoewel moderne historici meen die verhaal van hierdie vals draagbare dorpe is oordryf, is daar gerugte dat Potjomkin sulke dorpe aan die oewers van die Dnieperrivier laat oprig het om die Russiese keiserin te beïndruk; nadat sy verbygery het, is die strukture glo afgebreek en verder aan op die roete heropgerig asof dit ander dorpe was.

  1. "Van Russiese oorsprong: Potemkinskie derevni". Russiapedia. Besoek op 31 Mei 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search