Pous Adrianus VI

Pous Adrianus VI
Geboortenaam Adriaan Florenszoon Boeyens
Pontifikaat begin 9 Januarie 1522
Pontifikaat eindig 14 September 1523
Voorganger Leo X
Opvolger Clemens VII
Gebore 2 Maart 1459
Utrecht, Nederland
Sterf 14 September 1523
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Adrianus

Adrianus VI was die 218de pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1522 tot 1523. Hy was die eerste en tot nou (2009) enigste pous uit Nederland. Na sy dood is slegs Italianers tot pous verkies tot in 1978 toe Karol Wojtyla uit Pole tot Pous Johannes Paulus II verkies is. Adrianus is ook die tweede laaste pous wat sy doopnaam gehou het toe hy pous geword het (die laaste een was Pous Marcellus II).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search