Pous Pius XI

Pous Pius XI
Geboortenaam Ambrogio Damiano Achille Ratti
Pontifikaat begin 6 Februarie 1922
Pontifikaat eindig 10 Februarie 1939
Voorganger Benedictus XV
Opvolger Pius XII
Gebore 31 Mei 1857
Desio, Lombardye
Sterf 10 Februarie 1939
Vatikaanstad
Ander pouse genaamd Pius

Pius XI was die 259ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 17 jaar en 5 dae, van 1922 tot 1939. Sy pontifikaat lê tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorlog. Hy het drie doktorsgrade gehad in teologie, regte en filosofie. Hy word gekonfronteer met die opkomende kommunisme en fascisme. Hy veroordeel die politiek van Duitsland, die Sowjetunie, Italië en Meksiko. Hy sluit 'n aantal konkordate af en bekragtig die Lateraanse verdrae waarin die soewereiniteit van Vatikaanstad en die pous as staatshoof erken word. Hy steun die ontwikkeling van inheemse geestelikes in die sendinggebiede, dikwels teen die sin van die koloniale owerhede.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search