Prieska

Prieska
Prieska soos vanaf die N10 gesien.
Prieska soos vanaf die N10 gesien.
Prieska is in Noord-Kaap
Prieska
Prieska
 Prieska se ligging in Noord-Kaap
Koördinate: 29°40′6″S 22°44′38″O / 29.66833°S 22.74389°O / -29.66833; 22.74389
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoord-Kaap
DistrikPixley ka Seme
MunisipaliteitSiyathemba
Stigting1882
Oppervlak
 • Totaal195,52 km2 (75,49 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal14 246
 • Digtheid73/km2 (190/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense8.0%
 • Indiërs/Asiërs0.5%
 • Bruin mense67.4%
 • Swart mense23.6%
 • Ander0.4%
Taal (2011)
 • Afrikaans 92.6%
 • Xhosa 4.4%
 • Engels 1.0%
 • Ander 2.0%
Poskode (strate)
8940
WebwerfPrieska se webtuiste

Prieska is 'n Noord-Kaapse dorp op die suidelike oewer van die Oranjerivier, sowat 130 km noordwes van Britstown en 75 km suidoos van Marydale.

Dit het omstreeks 1878 as dorpie begin ontwikkel rondom die plek waar boere getrek het wanneer die panne ná reën vol was. Dit is deur 'n dorpsbestuursraad geadministreer vanaf 1882 en het in 1892 munisipale status verwerf. Die naam, wat vroeër Priskab was, is afkomstig van die inheemse Korana-taal en beteken "plek van die verdwaalde ooi". Dit was die toneel van gevegte tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Die bevolking was in 1978 sowat 9 000, waarvan sowat 2 000 wit was. Die bevolking volgens die 2011-sensus was 14 247.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Prieska". Sensus 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search