Primitivisme

Henri Rousseau se In ’n Tropiesewoudgeveg tussen ’n Tier en ’n Buffel, 1908-1909, Hermitage, Sint Petersburg.

Primitivisme is ’n Westerse kunsbeweging wat visuele vorms geleen het by nie-Westerse of prehistoriese volke, soos Paul Gauguin se gebruik van Tahitiaanse motiewe in sy skilderye en keramiekwerk. Ontlenings aan primitiewe kuns was belangrik in die ontwikkeling van moderne kuns.[1]

Die term "primitivisme" word dikwels gebruik vir ander professionele skilders wat in die styl van naïewe of volkskuns gewerk het, soos Henri Rousseau, Mikhail Larionov, Paul Klee en ander.

  1. Artspoke, Robert Atkins, 1993, ISBN 978-1-55859-388-6

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search