Prins Eduard-eiland

Hierdie artikel handel oor die Suid-Afrikaanse eiland in die suidelike Indiese Oseaan. Vir die Kanadese provinsie, sien Prins-Edward-eiland.
Prins Eduard-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Prins Eduard-eiland
Nasa-Satellietbeeld van die Prins Eduard-eiland
Geografie

Ligging Suid-Afrika, Indiese Oseaan
Koördinate 46°39′S 37°57′O / 46.650°S 37.950°O / -46.650; 37.950
Argipel Prins Eduard-eilande

Oppervlakte 45 vk km
Hoogste punt Van Zinderen Bakker Peak 672 m
Administrasie
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap

Kaart van die Prins Eduard-eiland

Prins Eduard-eiland (Engels: Prince Edward Island) is 'n onbewoonde en onherbergsame sub-antarktiese vulkaaneiland in die suidelike Indiese Oseaan en behoort sedert 1947 tot Suid-Afrika, sedert 1994 tot die provinsie Wes-Kaap en maak administratief deel uit van die Stad Kaapstad Metropolitaanse Munisipaliteit. Die eiland is die kleiner en noordoostelike van die twee Prins Eduard-eilande en huisves in teenstelling met die suidwestelike Marion-eiland geen gletser nie. Die eiland is op 13 Januarie 1773 deur die Franse ontdekkingsreisiger Marc-Joseph Marion du Fresne ontdek en in Desember 1776 deur die Britse ontdekkingsreisiger James CookPrins Edward, die vierde seun van koning George III en die pa van koningin Victoria, genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search