Prins Harry, Hertog van Sussex

Prins Harry
Prins Henry van Wallis
Prins Harry in 2019.
Prins Harry in 2019.
Volle naam Henry Charles Albert David
Huis Huis van Windsor
Vader Charles III van die Verenigde Koninkryk
Moeder Diana, Prinses van Wallis
Gebore 15 September 1984 (1984-09-15); Londen, Engeland
Eggenote Meghan Markle
Amptelike webtuiste Prins Henry van Wallis

Prins Henry, Hertog van Sussex KCVO (Henry Charles Albert David, * 15 September 1984 – ), algemeen bekend as prins Harry,[1] is die jongste seun van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk, en sy eerste vrou, Diana, Prinses van Wallis. Sy grootouers aan vaderskant was koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk en prins Philip, Hertog van Edinburg. Hy is die vyfde aanspraakmaker op die Britse troon ná sy broer, William, Prins van Wallis, en sy broerskinders, prins George, prinses Charlotte en prins Louis.

Ná sy skoolopleiding aan verskeie skole in Brittanje en ’n brugjaar in onder meer Australië en Lesotho, het Harry besluit op ’n militêre loopbaan. Hy het offisiersopleiding ontvang aan die Militêre Akademie Sandhurst en ’n tweede luitenant geword in die Household Cavalry-regiment. Hy het hier sy opleiding as tenkbevelvoerder voltooi. In 2007–2008 het hy in die Afghaanse Oorlog 77 dae lank diens gedoen aan die front,[2] maar is onttrek ná ’n artikel in ’n Australiese tydskrif.[3] Hy het in 2012–2013 vir 20 weke na Afghanistan teruggekeer.[4]

Op 27 November 2017 is aangekondig dat prins Harry verloof geraak het aan die voormalige Amerikaanse aktrise Meghan Markle en op 19 Mei 2018 is hulle in Windsor, Engeland, getroud. ’n Paar uur voor die troue het hy die titels Hertog van Sussex, Graaf van Dumbarton en baron Kilkeel gekry.[5]

  1. "Prince Harry" (in Engels). Amptelike webtuiste van die Britse monargie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Desember 2019. Besoek op 10 Augustus 2009.
  2. Associated Press (28 Februarie 2008). "Prince Harry on front line in Afghanistan" (in Engels). MSNBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2013. Besoek op 28 Februarie 2008.
  3. Audrey, Gillian; Tran, Mark; Walker Peter (28 Februarie 2008). "Harry secretly serving in Afghanistan". The Guardian (in Engels). Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Januarie 2013. Besoek op 26 Maart 2010.{{cite news}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  4. "UK's Prince Harry Returns from Afghanistan". Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2013. Besoek op 21 Januarie 2013.
  5. "Meghan Markle and Prince Harry's official royal titles have been announced" (in Engels). 9Honey. 19 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2019. Besoek op 19 Mei 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search