Priti Patel

Priti Patel
Priti Patel

Minister van binnelandse sake
Ampstermyn
24 Julie 2019 – 6 September 2022
Eerste minister Boris Johnson
Voorafgegaan deur Sajid Javid
Opgevolg deur Suella Braverman

Persoonlike besonderhede
Gebore Priti Sushil Patel
29 Maart 1972 (1972-03-29)
Londen, Engeland
Politieke party Konserwatiewe Party

Priti Sushil Patel (gebore 29 Maart 1972) is 'n Britse politikus van die Konserwatiewe Party wat van 24 Julie 2019 tot 6 September 2022 die amp van minister van Binnelandse Sake van die Verenigde Koninkryk beklee het. Ideologies word Priti Patel by die Konserwatiewe Party se regtervleuel gereken. Sy is as dogter van Indiese immigrante uit Uganda in Londen gebore. Haar ouers het Uganda in 1972 verlaat kort voordat diktator Idi Amin die meeste Asiatiese bewoners uit die land gedryf het. Patel het aan die Keel-universiteit en aan die Universiteit van Essex gestudeer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search