Procyon

Procyon AB
Die posisie van Procyon.
Die posisie van Procyon.
Sterrebeeld Klein Hond
Bayer-naam α Canis Minoris
Spektraaltipe F5IV–V / DA
Soort Dubbelster
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 07h 39m 18,1195s
Deklinasie +05° 13′ 29,9552″
Skynmagnitude (m) 0,34 / 10,7
Besonderhede
Massa (M) 1,42 / 0,6
Radius (R) 2 / 0,01
Ligsterkte (L) 6,93 / 0,00055
Ouderdom (jaar) 3 miljard
Temperatuur (K) 6 530 / 7 740
Afstand (ligjaar) 11,46
Eienskappe
Veelvoudigheid Dubbelster
Ander name
Elgomaisa, Algomeysa, Antecanis, 10 Canis Minoris, GCTP 1805.00, HR 2943, BD+05°1739, HD 61421, LHS 233, GJ 280, HIP 37279, SAO 115756[1]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Procyon (ook bekend as Alpha Canis Minoris of α CMi) is die helderste ster in die sterrebeeld Klein Hond (Canis Minor). Dit lyk met die blote oog soos ’n enkele ster, die sewende helderste ster aan die naghemel met ’n skynbare helderheid van 0,34,[2] maar dit is eintlik ’n dubbelster. Dit bestaan uit ’n wit hoofreeksster van spektraaltipe F5 IV–V met die naam Procyon A en ’n dowwe witdwergmetgesel van spektraaltipe DA met die naam Procyon B.

Die rede dat dit so helder is, is sy nabyheid aan die Son; dit is volgens die Europese Ruimteagentskap se Hipparcos-satelliet[3][4] 11,46 ligjare[5] van die Son af en is dus een van ons naaste buursterre. Die naaste ster aan hom is Luyten se Ster, sowat 1,12 ligjare weg.

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named SIMBAD
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa413
  3. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa323_L49
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named GSM
  5. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named aaa474_2_653

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search