Progressiewe Party

Progressiewe Party
PP
Leier Colin Eglin
Gestig 1959
Ontbind 1975 (versmelt met Reformiste Party)
Voorafgegaan deur Verenigde Party
Opgevolg deur Progressiewe Reformiste Party
Ideologie Liberalisme, Anti-apartheid
Die parlementêre koukus van die Progressiewe Party in 1960 op die trap voor die parlement afgeneem. Voor: Walter Stanford, Harry Lawrence, Boris Wilson, Jan Steytler, Helen Suzman, Colin Eglin, Owen Williams. Agter: Ray Swart, Clive van Ryneveld, John Cope, Zach de Beer, Ronald Butcher.
Jan Steytler, eertydse Kaaplandse leier van die Verenigde Party, het in 1959 die eerste leier van die Progressiewe Party geword.
Helen Suzman in 1961, twee jaar nadat sy uit die Verenigde Party bedank en die Progressiewe Party help stig het.

Die Progressiewe Party het uit die Verenigde Party ontstaan en was die oorspronklike voorloper van die huidige Amptelike Opposisie in die Suid-Afrikaanse parlement, die Demokratiese Alliansie.

Volksraadslede van die PP in 1960: Helen Suzman, Boris Wilson, Ray Swart, Clive van Ryneveld, Owen Townley Williams, Walter Stanford, Harry Lawrence, Zach de Beer, Jan Steytler, John Cope, Colin Eglin, Ron Butcher.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search