Puberteit

Puberteit is die proses van fisieke veranderings waardeur ’n kind se liggaam gaan om ’n volwassene te word wat in staat is tot voortplanting. Dit word aan die gang gesit deur hormonale seine van die brein na die geslagskliere: die eierstokke in ’n meisie en die testikels in ’n seun. In reaksie op die seine vervaardig die geslagskliere hormone wat libido en die groei, funksie en transformasie van die brein stimuleer, asook die bene, spiere, bloed, vel, hare, borste en geslagsorgane. Fisieke groei – lengte en gewig – versnel in die eerste helfte van puberteit en is voltooid wanneer ’n volwasse liggaam ontwikkel het. Voor puberteit is die eksterne geslagsorgane, bekend as die primêre geslagseienskappe, die eienskappe wat seuns en meisies van mekaar onderskei. Puberteit lei tot geslagsdimorfie deur middel van die sekondêre geslagseienskappe, wat tot ’n groter onderskeid tussen geslagte lei.

Meisies se puberteitsjare begin op gemiddeld 10-11 jaar en eindig op 15-17 jaar; seuns se puberteitsjare begin op gemiddeld 11-12 jaar en eindig op 16-17 jaar.[1][2][3] Die belangrikste baken vir puberteit in meisies is menarg, die begin van menstruasie, wat op gemiddeld 12-13 jaar gebeur.[2] Vir seuns kom die eerste ejakulasie op gemiddeld 13 jaar voor.[4] In die 21ste eeu is die gemiddelde ouderdom waarop kinders, veral meisies, puberteit bereik laer as in die 19de eeu, toe dit 15 vir meisies en 16 vir seuns was.[5] Dit kan vanweë enigeen van verskeie faktore wees, insluitende beter voeding, wat lei tot vinnige liggaamsgroei; groter gewigs- en vetneerslag;[6] of blootstelling aan endokriene ontwrigters soos xeno-estrogene, wat soms kan voorkom vanweë voedselinname of ander omgewingsfaktore.[7][8]

Wat veral merkbaar is onder die morfologiese veranderings in die grootte, vorm, samestelling en funksionering van die liggaam gedurende puberteit, is die ontwikkeling van sekondêre eienskappe, die "invul" van die kind se liggaam van meisie tot vrou en van seun tot man. Die woord "puberteit" is afgelei van die Latynse puberatum (rypheidsouderdom), en beskryf die fisieke veranderings na seksuele volwassenheid, nie die psigososiale en kulturele rypwording wat in die Westerse kultuur betrekking het op die geestelike oorgang van kind tot volwassene nie, hoewel die twee oorvleuel.[9]

  1. Kail, RV; Cavanaugh JC (2010). Human Development: A Lifespan View (5th uitg.). Cengage Learning. p. 296. ISBN 978-0-495-60037-4.
  2. 2,0 2,1 Schuiling (2016). Women's Gynecologic Health. Jones & Bartlett Learning. p. 22. ISBN 978-1-284-12501-6. The changes that occur during puberty usually happen in an ordered sequence, beginning with thelarche (breast development) at around age 10 or 11, followed by adrenarche (growth of pubic hair due to androgen stimulation), peak height velocity, and finally menarche (the onset of menses), which usually occurs around age 12 or 13.
  3. D. C. Phillips (2014). Encyclopedia of Educational Theory and Philosophy. Sage Publications. pp. 18–19. ISBN 978-1-4833-6475-9. On average, the onset of puberty is about 18 months earlier for girls (usually starting around the age of 10 or 11 and lasting until they are 15 to 17) than for boys (who usually begin puberty at about the age of 11 to 12 and complete it by the age of 16 to 17, on average).
  4. (Jorgensen & Keiding 1991).
  5. Alleyne, Richard (13 Junie 2010). "Girls now reaching puberty before 10—a year sooner than 20 years ago". The Daily Telegraph. Londen. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Oktober 2014. Besoek op 15 Oktober 2020.
  6. Guillette EA, Conard C, Lares F, Aguilar MG, McLachlan J, Guillette LJ; Conard; Lares; Aguilar; McLachlan; Guillette Jr (Maart 2006). "Altered breast development in young girls from an agricultural environment". Environ. Health Perspect. 114 (3): 471–5. doi:10.1289/ehp.8280. PMC 1392245. PMID 16507474.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  7. Buck Louis GM, Gray LE, Marcus M, Ojeda SR, Pescovitz OH, Witchel SF, Sippell W, Abbott DH, Soto A, Tyl RW, Bourguignon JP, Skakkebaek NE, Swan SH, Golub MS, Wabitsch M, Toppari J, Euling SY; Gray Jr; Marcus; Ojeda; Pescovitz; Witchel; Sippell; Abbott; Soto; Tyl; Bourguignon; Skakkebaek; Swan; Golub; Wabitsch; Toppari; Euling (Februarie 2008). "Environmental factors and puberty timing: expert panel research needs". Pediatrics. 121 Suppl 3: S192–207. doi:10.1542/peds.1813E. PMID 18245512.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  8. Mouritsen A, Aksglaede L, Sørensen K, Mogensen SS, Leffers H, Main KM, Frederiksen H, Andersson AM, Skakkebaek NE, Juul A; Aksglaede; Sørensen; Mogensen; Leffers; Main; Frederiksen; Andersson; Skakkebaek; Juul (April 2010). "Hypothesis: exposure to endocrine-disrupting chemicals may interfere with timing of puberty". Int. J. Androl. 33 (2): 346–59. doi:10.1111/j.1365-2605.2010.01051.x. PMID 20487042.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. The Oxford Dictionary of English Etymology, C. T. Onions ed. Oxford University Press, 1996, p. 720.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search