Purgatorio (Dante)

Dante en Vergulius in die Purgatorio (vaevuur).

Purgatorio (Italiaans vir "vaevuur") is die tweede deel van Dante se Goddelike Komedie, ná die Inferno en voor die Paradiso. Die gedig is in die vroeë 14de eeu geskryf. Dit vertel van Dante se klim met die Berg van die Vaevuur op, met die Romeinse digter Vergilius as gids, behalwe in die laaste vier kanto's, waarin Beatrice as gids oorneem. Allegories verteenwoordig Purgatorio die boetvaardige Christelike lewe.[1]

In die beskrywing van die klim bespreek Dante die aard van sonde, voorbeelde van sedelikheid en onsedelikheid, sowel as morele kwessies in politiek en in die Kerk. Die digter stel voor alle sonde kom van liefde – óf perverse liefde wat daarop gerig is om ander skade aan te rig óf ontoereikende liefde óf die wanordelike of oordadige liefde vir goeie dinge.

  1. Dorothy L. Sayers, Purgatory, aantekeninge oor Kanto VII.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search