Ram (sterrebeeld)

Vir ’n artikel oor die sterreteken, sien Ram (sterreteken).
Ram
Latynse naam Aries
Genitief Arietis
Afkorting Ari
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 3h
Deklinasie 20º
Grootte 441 vk. grade (39ste)
Kwadrant NQ1
Besonderhede
Hoofsterre 3, 10
Helderste ster Alpha Arietis
Naaste ster Teegarden se Ster (SO 0253+1652)[1]
Sterre helderder as 3 m 2
Sterre met planete 6
Messier-voorwerpe 0
Bayer-/Flamsteed-sterre 67
Meteoorreëns May Arietids, Autumn Arietids, Delta Arietids, Epsilon Arietids, Daytime-Arietids, Aries-Triangulids
Aangrensende sterrebeelde
Perseus , Suidelike Driehoek, Visse , Walvis , Bul
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Ram (Latyn: Aries) is ’n sterrebeeld van die diereriem. Dit is in die Noordelike Halfrond tussen die Visse in die weste en die Bul in die ooste geleë. Die simbool daarvan is (Unicode ♈), wat ’n ram se horings voorstel. Dit is een van die 48 sterrebeelde wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemaeus genoem is en is steeds een van die 88 moderne konstellasies. Dit het ’n gemiddelde grootte van 441 vierkante grade (39ste van al die sterrebeelde).

Die Ram stel nou die ram voor waarvan die vlies in Antieke Griekeland die Goue Vlies geword het, hoewel dit reeds sedert Babiloniese tye ’n ram verteenwoordig het. Die sterrebeeld is redelik dof en het net vier helder sterre, asook ’n paar taamlik dowwe sterrestelsels en verskeie meteoorreëns.

  1. "The 100 Nearest Star Systems" (in Engels). Research Consortium on Nearby Stars. 1 Januarie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013. Besoek op 25 Mei 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search