Ramadan

Die sekelmaan kondig die begin van Ramadan aan
Tradisionele Bayram-groet van die Metropolitaanse Munisipaliteit van Istanboel in die vorm van mahya-ligte tussen die minarette van die Sultan Ahmet-moskee in Istanboel
Iftar tydens Ramadan in die Nuwe Moskee in Istanboel
Mans bid by die Blou Moskee in Mazar-e Sharif, Afghanistan

Ramadan of Ramadaan, ook Ramazan, Ramzan of Ramathan (Arabies: رمضان, Ramaḍān, [ramaˈdˤaːn]) is die negende maand van die Islamitiese kalender.[1] Dit word deur Moslems beskou as 'n heilige maand van vas om die eerste openbaring van die Koran te herdenk.[2][3] Die nag toe dit gebeur het, staan bekend as Lailat al-'Kadr, maar die presiese datum is onbekend en word nie eens in die Koran genoem nie.[4][5]

Hierdie jaarlikse viering word beskou as een van die Vyf Pilare van die Islam.[6] Die maand is 29 of 30 dae lank. Volgens talle biografiese aantekeninge in die hadit word die duur van die maand deur die visuele waarnemings van die hilal (sekelmaan) bepaal.[7][8] Van sonop na sononder mag Moslems nie eet, drink, rook of seks hê nie. Elke dag se vas word met die Iftar aan die aand beëindig. Die einde van die vas van Ramadan word met die vakansiedag Eid-oel-Fiter gevier.

  1. (en) Religions. BBC. 5 Julie 2011. Besoek op 13 Januarie 2019.
  2. (en) "Muslims worldwide start to observe Ramadan". The Global Times Online. 22 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2017. Besoek op 13 Januarie 2019.
  3. (en) "The Muslim World Observes Ramadan". Power Text Solutions. 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2021. Besoek op 28 Julie 2012.
  4. (en) Amirul Hadi. Islam and state in Sumatra: a study of seventeenth-century Aceh. p. 128. ISBN 978-9004129825.
  5. (en) Marjo Buitelaar. Fasting and feasting in Morocco: women's participation in ramzan. p. 64. ISBN 978-0-85496-321-8.
  6. (en) "Schools – Religions". BBC. 28 Junie 2014. Besoek op 25 Julie 2012.
  7. (en) Bukhari-Ibn-Ismail, AbdAllah-Muhammad. "Sahih Bukhari – Book 031 (The Book of Fasting), Hadith 124". hadithcollection.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 13 Januarie 2019.
  8. (en) Muslim-Ibn-Habaj, Abul-Hussain. "Sahih Muslim – Book 006 (The Book of Fasting), Hadith 2378". hadithcollection.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Augustus 2018. Besoek op 13 Januarie 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search