Rendier Tydperk: Pleistoseen – hede
| |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | Rangifer (C.H. Smith, 1827)
|
Spesie: | R. tarandus
|
Binomiale naam | |
Rangifer tarandus (Linnaeus, 1758)
| |
Subspesies | |
Sien teks. | |
Rendier-habitats in Noord-Amerika en Eurasië. |
Die rendier (Rangifer tarandus), in Noord-Amerika ook bekend as die kariboe,[2] is ’n spesie Hertagtiges wat inheems is aan die arktiese, subarktiese, toendra- en bergstreke van Noord-Europa, Siberië en Noord-Amerika.[1] Dit sluit bevolkings in wat op dieselfde plek bly en dié wat rondtrek. Die diere word soms ook takbokke genoem, hoewel laasgenoemde term eintlik na alle herte verwys.
Hoewel hulle oor die algemeen wydverspreid en talryk is,[1] is sommige subspesies skaars en minstens een het al uitgesterf.[3][4]
Rendiere wissel aansienlik in kleur en grootte. In die meeste bevolkings groei albei geslagte jaarliks nuwe gewei (takbokhorings), maar in ’n paar spesies het die ooie nie gewei nie. Die ramme se gewei is gewoonlik baie groot.
Die jag en aanhou van rendiere (vir die vleis, vel, melk en vervoer) is belangrik vir sommige arktiese en subarktiese volke.[5] In Lapland trek rendiere sleë,[6] nes die vlieënde rendiere in stories oor Kersvader.[7]
Die hele tarandus-spesie word vanweë sy verspreiding en groot bevolkings deur die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) gelys as "laer risiko",[8] hoewel sekere subspesies, bevolkings en troppe in Noord-Amerika aan die afneem is[9][10][11] en een subspesies, die ikoniese noordelike boslandkariboe, sedert 2002 deur die Kanadese bewaringsvereniging COSEWIC as "bedreig" beskou word.[12]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search