Rewolusie

Vir die musiekgroep, sien Revolusie (musiekgroep).
Skildery oor die Belgiese Rewolusie in 1830.

'n Rewolusie (ook gespel revolusie) is 'n skielike en radikale omslag of verandering. Dit is daarmee die teenhanger van ewolusie (of evolusie), wat 'n geleidelike verandering is. Die verandering kan na 'n plotselinge verandering in die sosiale of politieke instellings verwys, maar kan ook na groot kulturele of ekonomiese omslae verwys. Die term self kom oorspronklik uit die astronomie, waar mense dit gebruik het as "omwenteling van hemelliggame". Die term het tydens die Franse Rewolusie gebruiklik geword.

In die politiek word met "rewolusie" gewoonlik die afsetting van 'n magshebber of regering en/of 'n plotselinge verandering van politieke verhoudinge en politieke stelsels bedoel. 'n Geweldlose rewolusie word 'n fluweelrewolusie genoem. 'n Rewolusie wat 'n wysiging van heerser behels, maar nie een van stelsel nie, heet ook wel 'n paleisrewolusie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search