Riaad

Riaad
الرياض

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
 Provinsie Riaad
 Koördinate 24°42′42″N 46°43′27″O / 24.71167°N 46.72417°O / 24.71167; 46.72417
 Stigting 1590?
 Oppervlakte:  
 - Totaal 3 115 vk km[1]
 Hoogte bo seevlak 612 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 5 700 000[1]
 - Bevolkingsdigtheid 2 379/vk km[1]
 Tydsone UTC +3
 Burgemeester Ibraheem Mohammed
Al-Sultan[2]
 Amptelike webwerf arriyadh.com

Riaad (Arabies: الرياض, ar-Riyāḍ, [er.rɪˈjɑːðˤ], letterlik: "die tuine") is die hoofstad en grootste stad van Saoedi-Arabië met 'n bevolking van 7 600 000 en 'n oppervlakte van 3 115 km². Sowat 61% van die bevolking is Saoedi-Arabiese burgers. Die stad is in die middel van die an-Nafud-woestyn, op die oostelike deel van die Najd-plato, geleë op gemiddeld 600 meter bo seespieël[3] en ontvang jaarliks ongeveer 5 miljoen toeriste. Dit is die nege-en-veertigste meesbesoekte stad ter wêreld en die 6de in die Midde-Ooste. Riaad het die derde meeste mense in die Midde-Ooste en die 38ste digsbevolkte stad in Asië.[4] Daar woon ook werkers van Arabiese lande soos Jemen, Egipte, Soedan, Libanon en Sirië, asook van Europa, Noord-Amerika, Suid-Afrika, Rusland, Australië, Nieu-Seeland, die Volksrepubliek China, Bangladesj, Indië, Pakistan, Indonesië en die Filippyne.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 (en) "www.arriyadh.com: Riyadh in the year 1434 Hijri (2013)". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Desember 2018. Besoek op 29 Mei 2016.
  2. (en) "www.zoominfo.com". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2016. Besoek op 29 Mei 2016.
  3. (en) "Geographic Location of Riyadh". Riyadh Development Authority. 8 Desember 2018. Besoek op 24 Mei 2019.
  4. (ar) "هيئة تطوير مدينة الرياض توافق على طلبات مطورين لإنشاء 4 مشاريع سياحية وترفيهية". 4 April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 April 2019. Besoek op 24 Mei 2019.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search