Richard Branson

Richard Branson
Richard Branson in 2015
Gebore
Richard Charles Nicholas Branson

18 Julie 1950
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
BeroepStigter van die Virgin Groep
EggenootKristen Tomassi (1972–1979) (geskei)
Joan Templeman (1989-hede)
KindersClare Sarah (oorlede)
Holly en Sam
Ouer(s)Edward James Branson
Eve Branson

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Richard Charles Nicholas Branson (gebore te Blackheath, Londen, op 18 Julie 1950) is 'n Engelse sakeman. Hy is veral bekend vir sy Virgin-handelsnaam wat deur meer as 350 maatskappye gebruik word. Met sy lang hare en informele kleredrag lyk hy nie na ’n tipiese sakeman nie.[1]

Branson het sy eerste suksesvolle sakeonderneming op die ouderdom van 16 begin toe hy 'n tydskrif genaamd Student gepubliseer het. Hy het toe later in 1970 'n posbestellingsonderneming tot stand gebring. In 1971 het hy begin met 'n kettingwinkel wat plate verkoop het. Met sy flambojante en mededingende styl het Branson die Virgin-handelsnaam vinnig laat groei in die 1980's – toe hy die lugredery Virgin Atlantic Airways gestig het en sy platemaatskappy, Virgin Records, verder uitgebrei het.

In 2006 is sy welvaart op meer as £4 miljard beraam deur The Times se lys van rykste persone.[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. The Times Rich List. Laas nagegaan op 2022-08-16

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search