Robert Schuman

Robert Schuman
Robert Schuman
Robert Schuman in 1949

Eerste Minister van Frankryk
Ampstermyn
24 November 1947 – 26 Julie 1948
President Vincent Auriol
Voorafgegaan deur Paul Ramadier
Opgevolg deur André Marie
Ampstermyn
5 September 1948 – 11 September 1948
President Vincent Auriol
Voorafgegaan deur André Marie
Opgevolg deur Henri Queuille

1ste Voorsitter van die Europese Parlementêre Vergadering
Ampstermyn
1958 – 1960
Voorafgegaan deur Hans Furler
Opgevolg deur Hans Furler

Persoonlike besonderhede
Gebore Jean-Baptiste Nicolas Robert Schuman
(1886-06-29)29 Junie 1886
Luxemburg, Luxemburg
Sterf 4 September 1963 (op 77)
Scy-Chazelles, Lotaringe, Frankryk
Politieke party Mouvement Républicain Populaire
Religie Rooms-Katolieke Kerk

Jean-Baptiste Nicolas Robert Schuman [ʀobɛʀ ʃuman] (* 29 Junie 1886 in Clausen, nou deel van Luxemburg;[1]4 September 1963 in Scy-Chazelles) was 'n Franse staatsman met oorspronklik Duitse burgerskap. Hy was 'n vrome katoliek en lid van die Christendemokratiese party.

Schuman het homself as 'n ware Europeër beskou. Hy is in Luxemburg met Duitse burgerskap gebore. As moedertaal het hy die dialek van Lotaringe gepraat. In 1918 het hy 'n Franse burger geword toe Lotaringe deur Frankryk ingelyf is. Hy het hom in die Tweede Wêreldoorlog by die Franse Weerstand aangesluit. Ná die oorlog het hy as Franse minister van buitelandse sake versoening met Duitsland bepleit.

Hy is veral bekend vanweë die Schumanverklaring van 9 Mei 1950 wat as die begin van die Europese eenwording beskou word en wat tot die huidige Europese Unie gelei het. Saam met Jean Monnet word hy as die "vader van Europa" beskou.

  1. cere.public.lu: Robert Schuman dans ses liens avec le Luxembourg en général et Clausen en particulier Geargiveer 10 November 2013 op Wayback Machine (PDF; 709 kB). (fr) Sy geboorteplek is in 1985 deur Luxemburg gekoop en daar is nou die Centre d'études de recherches européennes gevestig (CERE, cere.public.lu)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search