Rodrigues

Rodrigues
Kaart van Rodrigues
Kaart van Rodrigues
Geografie

Ligging 560 km oos van Mauritius, Indiese Oseaan
Koördinate 19°43′S 63°25′O / 19.717°S 63.417°O / -19.717; 63.417Koördinate: 19°43′S 63°25′O / 19.717°S 63.417°O / -19.717; 63.417
Argipel Maskareense eilande
Totale eilande 1
Hoofeilande Rodrigues
Oppervlakte 109 vk km
Hoogste punt Mont Limon 398 m
Administrasie
Vlag van Mauritius Mauritius

Hoofstad Port Mathurin
Grootste stad Port Mathurin (5 929)

Demografie
Bevolking 41 669

Vlag van Rodrigues

Rodrigues (of Rodriguez) is een van die Maskareense eilande, wat Mauritius en Réunion insluit. Die eiland was vroeër die tiende Distrik van Mauritius; maar het op 10 Desember 2002 outonome status verkry, en word deur die Rodrigues-streekvergadering beheer.

Die eiland lê ongeveer 560 km (350 myl) oos van Mauritius, in die middel van die Indiese Oseaan. Dit het 'n oppervlak van 108 km². Rodrigues is van vulkaniese oorsprong en word deur 'n koraalrif omring, en 'n paar klein onbewoonde eilande lê net langs sy kus. Die hoofstad van die eiland is Port Mathurin.

In 2014 woon daar 41 669 mense op Rodrigues, volgens Statistieke Mauritius.[1] Sy inwoners is Mauritiaanse burgers en hul spreektaal is hoofsaaklik 'n plaaslike dialek van Morisyen, 'n Mauritiaanse kreools. Die meeste van die inwoners is van Afrika-afkoms. Die ekonomie is hoofsaaklik gebaseer op visvang, landbou, handwerk en 'n ontwikkelende toerismesektor.

  1. Ministry of Finance & Economic Development (1 Julie 2014). "Population and Vital Statistics Jan-June 2014" (PDF). Government of Mauritius: n/a. Besoek op 1 Julie 2014. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search