Romulus en Remus

La Lupa Capitolina ("Die Kapitolynse Wolvin"). Volgens tradisionele geleerdes is die wolffiguur Etruskies en dateer dit van die 5de eeu v.C. Die figure van Romulus en Remus is in die 15de eeu n.C. deur die Italiaanse kunstenaar Antonio Pollaiuolo bygevoeg. Onlangse studies toon die wolvin is dalk ’n Middeleeuse werk uit die 13de eeu n.C.[1] Die byvoeging van die twee figure verduidelik die langdurige aard van die mite.
’n Altaar aan Mars (Romulus en Remus se goddelike vader) en Venus (hul goddelike voormoeder) wat elemente van hul mite uitbeeld (Nasionale Museum van Rome).

Romulus en Remus was in die Romeinse mitologie tweelingbroers wie se mite die verhaal vertel van gebeure wat tot die stigting van Rome en van die Romeinse Koninkryk deur Romulus gelei het. Die moord op Remus deur sy broer en ander dele van die verhaal het kunstenaars deur die eeue geïnspireer.

Sedert antieke tye is die tweeling wat aan ’n wolf drink, die simbool van die stad Rome en die Romeinse volk. Hoewel die verhaal voor die stigting van Rome omstreeks 750 v.C. afspeel, is die eerste geskrewe weergawe van die mite sover bekend uit die laat 3de eeu v.C. Daar word steeds gedabatteer oor of die mite ’n oorspronklike deel van die Romeinse mitologie of ’n latere toevoeging is.

  1. Adriano La Regina, "La lupa del Campidoglio è medievale la prova è nel test al carbonio Geargiveer 3 Mei 2017 op Wayback Machine". La Repubblica. 9 Julie 2008

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search