Rooi ster

Die rooi ster

Die vyfpuntige rooi ster, 'n pentagram sonder die inwendige vyfhoek (), is 'n simbool van die kommunisme asook van die breër sosialisme in die algemeen. Daar word soms gereken dat die vyf punte van die ster 'n arbeider se hand voorstel, asook die vyf kontinente. 'n Minder algemene voorstelling is dat die vyf punte op die ster veronderstel was om die vyf groepe voor te stel wat Rusland na kommunisme sou lei, naamlik die jeug, die leër, die industriële werkers, die landbouwerkers of landelike bewoners en die intelligentsia. Dit was een van die embleme, simbole en seine wat die Sowjetunie verteenwoordig het onder leiding van die Kommunistiese Party, saam met die hamer en sekel. In hierdie konteks het die rooi ster berugtheid verwerf as 'n simbool van totalitarisme en staatsterreur, asook 'n besettingsimbool in baie lande.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search