Rooiplein

Kremlin en Rooiplein, Moskou*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Sint Basilius-katedraal en die Spasskaja-toring van die Kremlin op die Rooiplein in Moskou.
Ligging van Rooiplein op 'n kaart (Rusland)
Rooiplein
Rooiplein
Posisie van die Rooiplein in Rusland
Koördinate: 55°45′15″N 37°37′12″O / 55.75417°N 37.62000°O / 55.75417; 37.62000
Lande Vlag van Rusland Rusland
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iv, vi
Verwysings 545
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1990  (14de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Rooiplein (Russies: Красная площадь, Krásnaja plósjtsjad) is 'n plein in Moskou. Met die historiese geboue al om die plein is dit die bekendste plein in die stad en een van die bekendstes ter wêreld. Dit skei die Kremlin, die eertydse keiserlike vesting en tans die amptelike woning van die president van Rusland, van die historiese handelsbuurt bekend as Kitai-gorod. Verder bevat dit die beroemde Sint Basilius-katedraal, die Lenin-mausoleum, die GUM-afdelingswinkel, die Moskouse Historiese Staatsmuseum en vele ander historiese geboue.

Omdat van Moskou se grootste strate van hier in alle rigtings uitwaaier en later snelweë word, word Rooiplein dikwels beskou as die hart van Moskou en die hele Rusland. Die plein en die Kremlin is sedert 1990 saam 'n Unesco-wêrelderfenisgebied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search