Rooireus

’n Rooireus is ’n helder reusester met ’n lae of gemiddelde massa (rofweg 0,5–10 sonmassas) in ’n laat stadium van sterevolusie. Die buitenste atmosfeer is uitgesprei en yl – daarom is die radius groot en die oppervlaktemperatuur laag, vanaf sowat 5 000 kelvin en laer. Die ster lyk geel-oranje tot rooi en sluit in spektraaltipes K en M, maar ook S- en koolstofsterre.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search