Rosalind Franklin

Rosalind Franklin
Geboortenaam Rosalind Elsie Franklin
Gebore 25 Julie 1920
Notting Hill, Londen, Engeland
Oorlede 16 April 1958 (op 37)
Chelsea, Londen, Engeland
Blyplek Verenigde Koninkryk
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied Fisiese chemie
X-straalkristallografie
Instelling(s) British Coal Utilisation Research Association
Laboratoire Central des Services Chimiques de l'État

King's College, Londen
Birkbeck College, Londen

Alma mater Newnham Kollege, Cambridge
Bekend vir DNA-struktuur
Fynstruktuur van steenkool en grafiet
Struktuur van virusse

Rosalind Franklin (25 Julie 192016 April 1958) was 'n Engelse skeikundige en x-straal kristallografis van Joodse afkoms. Sy het 'n kritieke bydrae gemaak tot die begrip van die fyn molekulêre strukture van DNA (deoksiribonukleïensuur). Na die afronding van haar gedeelte van die werk op DNA, het Franklin ook baanbrekerswerk op die tabakmosaïekvirus en die poliovirus gedoen.

Franklin is veral bekend vir haar werk op die X-straaldiffraksiebeelde van DNA, veral Foto 51, terwyl sy aan King's Kollege in Londen gewerk het, wat gelei het tot die ontdekking van die DNA-dubbele heliks waarvoor James Watson, Francis Crick en Maurice Wilkins die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde in 1962, gedeel het. Watson stel voor dat dit ideaal sou gewees het as Franklin met die Nobelprys vir Chemie, saam met Wilkins bekroon sou gewees het. Hoewel daar toe nog nie 'n reël teen postuum toekennings was nie[1], maak die Nobelkomitee in die algemeen nie postuum nominasies nie.[2][3]

  1. Greenwood, Veronique. "First Posthumous Nobel Awarded". Discover Magazine (in Engels). Discover Magazine. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op 20 Oktober 2018.
  2. "The Discovery of the Molecular Structure of DNA – The Double Helix". Official Website of the Nobel Prizes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2018. Besoek op 4 Februarie 2014.
  3. "Nobel Prize Facts". Official Website of the Nobel Prizes (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op 24 Januarie 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search