SASOL

SASOL
Tipe Openbare maatskappy
Gestig 1950
Hoofkantoor Sandton, Johannesburg, GautengSuid-Afrika
SleutelpersoneFleetwood Grobler (HUB sedert 2019)
Bongani Nqwababa en Stephen Cornell (voormalige hoof- uitvoerende beamptes)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieRuolie en aardgas
Chemikalië
Inkomste$12.26 miljard (2020)[1]
Bedryfsinkomste$7,15 miljard (2020)[2]
Netto inkomste$5,867 miljard (2020)[2]
Werknemers30 100
Webwerfwww.sasol.com Edit this at Wikidata
'n Sasol-aanleg in Hamburg (Duitsland).
'n Sasol-vulstasie in Boksburg.
Sasol Place in Sandton

SASOL (oorspronklik Suid-Afrikaanse Steenkool-, Olie- en Gasmaatskappy) is 'n Suid-Afrikaanse maatskappy met belange in mynbou, energie, chemikalië en sintetiese brandstowwe. SASOL se hoofkwartier is in Sandton, Johannesburg, sy aandele word op die Johannesburgse en New Yorkse Effektebeurs genoteer. SASOL het 34 000 werknemers in 33 lande dwarsoor die wêreld. Dit is tans die tweede grootste nywerheidsmaatskappy in die land en een van die grootste multinasionale maatskappye wat hulle oorsprong in Suid-Afrika het, met 'n jaarlikse omset van meer as VS$ 12 miljard.

Die maatskappy het veral bekendheid verwerf as die enigste onderneming ter wêreld wat op 'n winsgewende basis steenkool volgens die Fischer-Tropsch-sintese na petrol en diesel verwerk het. SASOL se Suid-Afrikaanse aanlegte is in Sasolburg en Secunda geleë, maar die maatskappy het ook belange in buitelandse bouprojekte wat tans in Katar (Oryx GTL) en Nigerië (Escravos GTL) aan die gang is.

  1. "SASOL Internet". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 November 2008. Besoek op 11 November 2008.
  2. 2,0 2,1 "Bloomberg". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2014. Besoek op 20 April 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search