SKA

SKA
Ander naam  Square Kilometre Array
Tipe  Gefaseerde reeks
Gebou  2019-2030
Webtuiste  www.skatelescope.org
Ligging
Plek  Suidelike Halfrond
Koördinate  30°43′16″S 21°24′40″O / 30.72111°S 21.41111°O / -30.72111; 21.41111
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Square Kilometre Array (SKA) is ’n groot, veelvuldige radioteleskoopprojek wat besig is om in Suid-Afrika en Australië gebou te word. Dit sal by voltooiing uit meer as 3 000 radioteleskope bestaan. Twee derdes van die radioteleskope sal in Suid-Afrika gebou word en die ander in Australië.

Dit sal ’n totale versamelingsgebied van sowat een vierkante kilometer hê.[1][2] Dit sal oor ’n groot omvang frekwensies werk en vanweë sy grootte sal dit 50 keer sensitiewer wees as enige ander radio-instrument. Dit behoort die hemelruim meer as 10 000 keer vinniger as tevore te verken.

Met ontvangerstasies wat van ’n sentrale punt af oor minstens 3 000 km strek, sal dit radiosterrekunde se vermoë benut om die beelde met die hoogste resolusie op alle terreine van sterrekunde te verskaf. Die SKA word in die Suidelike Halfrond gebou, in Afrika suid van die Sahara met kernpunte in Suid-Afrika en Australië, waar die uitsig op die Melkweg die beste en radioversteurings die minste is.[3]

Bouwerk het in 2019 begin en aanvanklike waarnemings word teen 2022 beplan. Die SKA word in twee fases gebou, met fase 1 wat sowat 10% van die hele teleskoop se vermoë verteenwoordig.[4][5] Fase 1 se koste is in 2013 op €650 miljoen vasgestel, terwyl fase 2 se koste nog nie vasgestel is nie.[6]

  1. "Facts and figures" (in Engels). SKA Organisation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Julie 2012. Besoek op 26 Mei 2012.
  2. Spie (2014). "Philip Diamond plenary: The Square Kilometre Array: A Physics Machine for the 21st Century". SPIE Newsroom. doi:10.1117/2.3201407.12.
  3. Amos, Jonathan (25 Mei 2012). "Africa and Australasia to share Square Kilometre Array" (in Engels). BBC. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2020.
  4. "The project timeline" (in Engels). SKA Organisation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2012. Besoek op 28 Oktober 2014.
  5. "SKA site bid outcome" (in Engels). SKA Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2016. Besoek op 28 Oktober 2014.
  6. "SKA Project" (in Engels). SKA Organisation. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Januarie 2018. Besoek op 28 Oktober 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search